Real Wedding: Lawrence & Riette Lackey

Lawrence Lackey, ‘n creative director by Grafikburo, en Riëtte van Huysteen, ‘n onderwyseres en foto liefhebber, se troue was ‘n mengelmoes van kreatiewiteit, familie en vriende.

Die twee het ontmoet op ‘n fliek date saam Custodio, Lawrence se beste vriend en ook strooijonker. Alhoewel Lawrence moes werk vir Riëtte se aandag het hulle van vroeg af geweet hulle is gemaak vir mekaar.


riette-en-lawrence01

Mens kan sien Lawrence se “creative juices” kook in die manier wat hy vir Riëtte gevra het om te trou. Riëtte verduidelik,

“Dit was baie ‘scary’. Hy het my onder valse voorwensels by ons vriend se restaurant gekry. Ek en my vriendin moes ‘die alarm gaan deaktiveer’. Hul plek was toe op ‘n Sondag. Toe ek die deur oop maak staan hy voor my op sy knieë en ek het onmiddelik in trane uitgebars van skok en blydskap!

riette-en-lawrence02

Hulle het gekies om in Bloemfontein te trou, want dis sentraal geleë en familie oor die hele land was uitgenooi. Jakkelsdraai was hulle eerste keuse, omdat dit daardie “iets” anders het as al die ander venues. Dit is privaat, mooi, en hulle het van die eenvoud gehou. Riëtte was veral tevrede met hul goeie diens en sy sê dat hulle baie tegemoetkomend was.

Hulle het tradisionele boerekos op hulle troue gehad, want hulle sê dit is regte egte kos, en almal hou daarvan! Ek gaan nie stry met dit nie!

riette-en-lawrence03

Van al die trou reëlings het Riëtte die meeste gehou van rok pas en blomme kies, maar sy sê selfs die uitnodigings toe plak was lekker omdat hulle van alles ‘n geleentheid gemaak het vir lekker saam kuier. Haar grootste hoofpyn was om die gastelys uitgesorteer te kry! Lawrence stemsaam dat dit, maar moeilik was, want daar is altyd iemand wat mens graag wil nooi, maar dan is die gastelys al vol.

Riëtte en Lawrence se raad vir strooimeisie en strooijonker kies is om mense te kies wat ondersteunend is. Wie beter dan as jou beste vriende! Riëtte en Lawrence se strooimeisie en strooijonker was hulle beste vriende en is ook getroud met mekaar. Hul het self ook al ondervinding van troue en was enorme hulp met alles! Hul was altyd daar om oor te vat as iets bietjie moeilik begin raak het.

riette-en-lawrence04

Riëtte se ma en ouma het gehelp met die versierings. Riëtte en Lawrence het saam die blomme gekies. Die kleurskema was swart en wit, met bietjie pienk. Riëtte is mal oor swar t en die bietjie pienk het die kleur skema bietjie sag en ‘happy’ gemaak.

Riëtte en Lawrence se raad vir troue reël:

  • Stel ‘n file saam met afskortings vir alles, hou al die kwotasies,
  • Kies ‘n fotograaf van wie se werk jy hou, moenie laat die prys jou afskrik nie, dis al wat jy oor het.
  • Moenie bang wees om te sê as jy ongemaklik is met iets nie, jy betaal daarvoor.
  • Doen waarvan julle hou, nie ma en ouma en almal anders se smaak nie.

Van die lieflike bruid; Dit was ongelooflike en perfek. Dit was alles wat ons wou hê dit moes wees, sonder enige ‘airs’. Ons het ‘n wonderlike dag spandeer saam met al ons geliefdes. Ons onthaal was baie gemaklik en ons het almal op die ou einde buite op die gras gekuier, want dit was vrek warm.

Riëtte en Lawrence se verskaffers:

Trourok, Bridesmaid rokke, Blomme meisie rokkies, Veil, Riette se choker, en garter:  Marlene by Garbos
Skoene: Luella by die Waterfront, Bloemfontein
Bruidegegom en Bestman klere, skoene en dasse: Mr Suit Hire en Edgars
Hare, haar bykomsitghede en grimeering: Hester Kimble
Naels: Willaine Otto by New U
Tafel dekorasies en Blomme: Elaine Thompson by Lemon Tree
Skryfbehoeftes: Deur die talentvolle Mnr Lackey homself. Gedruk deur BRS.
Geskenke aan gaste: Self gemaak. Liquorices in boksies gekoop by iParty
Plek, koek en kos: Jakkalsdraai
Fotograaf: Danica Soldo by Eye Candy Photography House en Lynne Slettevoldt
DVD: De Beer Cloete, Thys Heydenrych, Jaco
Juwele: Was “something borrowed”
Verloof- en trouringe: Heathorns
Musiek: Louis van Wyk
Troukar: Danica se ou Mercedes Benz 1980’s model

3 Comments

  • Annemie Pelser
    June 17, 2009 | Permalink |

    Ek luv jou skoene!!! Dis absoluut stunning!!! Jou troue was ook baie mooi. Baie geluk met die groot stap.

    Groete
    Annemie

  • Mandie Gericke
    June 19, 2009 | Permalink |

    Sjoe wat ‘n stunning troue! Die fotos is amazing en baie kreatief!
    Mandie

  • ELAINE
    November 13, 2009 | Permalink |

    AMAZING!!!!!!!!!!! XXX

Leave a comment

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Your email is never shared. Required fields are marked *