
Rugbyspelers kan mens soms nogal laat wonder of hulle harte het in daardie harde borskaste! Dit is mos rowwe manne wat net raakvat, laagvat, hoogvat, vasvat en dan skop hulle ook nog. Wat gebeur as so ‘n man op ‘n mooi dag vrou vat? Ek het gaan kuier by die pasgetroude Stormers hakker, Tiaan Liebenberg en sy pragtige vrou Marlene. Hierdie onderhoud mag jou dalk net weer laat dink oor wat liefde aan ‘n man van staal kan doen. Die twee verliefdes kon nie uitgepraat raak oor hulle troue nie.
Marlene: Waar het julle ontmoet?
Ek het vir Tiaan se pa se besigheid gewerk, en ek het hom basies maar daar ontmoet.
Tiaan: Hoe het jy haar gevra om te trou?
Dit was ‘n moeilike situasie omdat sy geweet het dit is naby. Ek moes ‘n kreatiewe benadering volg om seker te maak sy verwag dit nie. Ek het seker gemaak dat dit op ‘n dag sou wees, wat sy dit nie verwag nie. Almal het gedink dit sou Kersdag gebeur het, en toe dit nie gebeur nie, het ek gesien sy verwag dit glad nie. Naby my ouers se huis in Woodland Hills was daar ‘n pragtige dam met mooi natuurskoon. Ons het ‘n draai gery en toe besluit dat dit op daardie oomlik die regte tyd is. Ek het uitgeklim en gesê ons moet bietjie kyk na die area en toe sy weer omdraai toe is ek op my knieë met die ring in my hand.

Marlene: Nadat hy jou gevra het om te trou, wanneer het jy begin reël aan die troue?
Ek was so opgewonde het eintlik maar dadelik begin met die beplanning. Die venue was vir my die belangrikste, aangesien die meeste venues meestal twaalf maande vooruit bespreek is.
Tiaan: Was jy deel van die trou reëlings of het jy als in Marlene se hande gelos?
Ek was deel met sekere goed en met ander het ek geweet sy het ‘n ideaal en droom hoe sy haar troudag wou hê. Ons almal weet ‘n troue gaan oor albei maar op die ou end van die dag weet ons dat dit ‘n klein dogtertjie se droom is wat waar word.
Marlene: Waarmee het jy die meeste gesukkel tydens die reëlings vir julle troue?
Alles het eintlik heel goed verloop, maar as ek iets moet uitsonder dan is dit die mense wat my decorating gedoen het. Hulle laat weet my vier dae voor die troue dat hulle nie meer die overlays aan my kan voorsien wat ek by hulle bespreek het nie. Hulle het toe wel met ‘n alternatief gekom! Dit het my in trane gehad, aangesien alles beplan is volgens die spesifieke overlays.
Marlene: Party mense se hul ma’s en skoonma’s het nou maar net ‘n ding om in te meng, en te wil help reël en soms oorneem, het jy dit ervaar?
NEE glad nie. Nie van my ma af en nie en ook nie van my skoonma nie. Hulle albei was wonderlike en het hulle hulp aangebied waar nodig maar defnietief nooit ingemeng nie.
Marlene: Het jy volgens ‘n tema gewerk?
Ek sal nie sê ek het ‘n definitiewe tema gehad nie, maar alles het wel bymekaar ingeskakel. Wat vir my belangrik was is maar basies dat ek oral die pasley patroon wou inbring.




Marlene: Wat het jy als die dag van jou troue gedoen?
Ek het die oggend saam met my ma en suster deur gebring. Lekker ontbyt geëet en daarna is ons na die gastehuis. Daar het ek en my sussie (strooimeisie) net lekker ge-relax, vir ons ‘n borrelbad getap en heerlik ontspan met ‘n glasie bubbly.


Marlene: Waar het aangetrek voor die troue?
The Milner House in Bloemfontein

Tiaan: Waar het jy aangetrek voor die troue?
By my ouerhuis saam met my Pa en broer (Bestman)
Tiaan: Wat jy als aangevang die dag van die troue?
Daar was baie familie by die huis en ek het die oggend nog rondgeskarrel om my en my broer se tuxedo’s van Kaapstad af te kry. Ek was tien uur die oggend by die poskantoor en toe het dit nog nie gearriveer nie. Toe se hulle vir my die drywer wat die pakkie moet bring is oppad van Durban af, waarheen ons tuxedo’s foutief gestuur is. Twee ure later was die tuxedo’s daar en my hart kon vir ‘n paar oomlike rustiger klop.

Tiaan en Marlene: Onvergeetlike oomblik van die troue?
Tiaan: Toe ek Marlene die eerste keer sien. Ek het probeer om vir haar te sê hoe mooi sy lyk maar kon nie woorde uitkry nie. Ek was regtig ” at a loss for words” Sy het stunning gelyk.
Marlene: Vir my was dit toe ons die ringe uitgeruil het, en ek besef het ek is nou Mev. Liebenberg. Vir my was dit ‘n onbeskryflike oomblik!

Marlene en Tiaan: Sal julle enige iets anders doen as julle die dag kon oor hê?
Nee alles was perfek soos ons dit wou gehad het.
Marlene en Tiaan: Vertel enige iets unieks of interessant oor julle troudag?
Tydens ons fotosessie het Johan Pretorius vir my gesê om in die rondte draai, want hy wou ‘n nice foto neem terwyl ek draai met my trourok. Hy het my laat draai en draai en draai en die volgende moment toe verloor ek my balans en val in die roostuin. Dit was eintlik baie snaaks, en definitief nie iets wat ek sal vergeet nie.






Dit was wonderlik om tyd saam met die twee verliefdes te kon spandeer. Tiaan het my verseker daarvan bewus gemaak dat al lyk hulle “all strong” op die rugbyveld hul tog sagte hartjies het.
Verskaffers van Tiaan en Marlene Liebenberg se troue:
Rokke - Les Girls - Platterkloof
Koek - The Cake Studio - Bloemfontein
Venue - Ilanga Estate - Bloemfontein
Blomme - Party Designs - Bloemfontein
Tuxedo’s - Hilton Weiner - Kaapstad
Fotograaf - Johan Pretorius - Bloemfontein








2 Comments
Hi, ek wil graag weet waar het Marlene haar skoene gekoop?
Emsie, sy het pragtige skoene aangehad! Ongelukkig het ek nie ‘n idee waar sy haar skoene gekoop het nie, maar dit was ook al ‘n hele rukkie terug wat hulle getrou het, ek is nie seker of jy dieselfde skoene nog sal kry nie.
Kan iemand ons help? Het iemand soortgelyke skoene gesien?