Real Wedding: Adele & Wessel Kruger

Wessel en Adele se storie laat mens dink oor wat alles agter ‘n rekenaarskerm en om ‘n koppie koffie kan gebeur! Hulle is ook ‘n bewys dat liefde nie gestuit word deur die lang kilometers tussen Johannesburg en Bloemfontein nie.

adeleenwessel

Wessel het Adele op Facebook raakgesien en al sy sjarme oopgedraai om haar te oortuig vir ‘n koffie afspraak. Adele sê die eerste ontmoeting was sy onseker of hulle mekaar weer sou sien, maar Wessel het nie op hom laat wag nie. Hulle het weer uitgegaan en volgens Adele het hy toe eenvoudig haar voete onder haar uitgeslaan en romanse het begin blom!

Wessel het die hele Anta Boga restaurant bespreek om vir Adele te vra om te trou! Adele vertel:

Na 5 maande saam het Wessel een naweek in Bloem kom kuier. Op daardie stadium het hy in Johannesburg gewoon en ek in Bloemfontein. Hy het my laat dink dat ons die Saterdagaand na ‘n vriend (wat ek nog nie ontmoet het nie) se troue toe sou gaan, en ek moes mooi aantrek vir die geleentheid.

Toe ons by Anta Boga se restaurant instap, waar die onthaal kastig sou wees, was daar nie ‘n siel insig nie. Net ‘n waiter, vir wie ek toe vra, “Waar is die troue?”. Toe sien ek daar is ‘n enkele tafel gedek met ‘n yslike bos rose en sjampanje, uitgedrukte spyskaarte, die “works”. Ek het gedink dis vir ons 5 maande “anniversary”, en toe hy net na die voorgereg op sy knieë langs my gaan staan het ek nie geweet wat my tref nie! Dit was die grootste verassing van my lewe! Al wat ek kon uitkry was ‘Ja!’… Ek het op wolke geloop vir 2 weke!”

adeleenwessel

Die twee “self-confessed” koffie verslaafdes se troue was reg in die middel van die winter. Dalk ongewoon vir sommige, maar Adele het dit spesiaal so gekies. Winter het haar die geleentheid gegee om haar unieke styl ten volle uit te leef. En styl en idees het hierdie grafiese ontwerper hope van.

adeleenwessel

Die troue was knus, intiem en warm. Glühwein kon bedien word plaas van ‘n gewone skemerkelkie en het sop as voorgereg bedien omdat dit in die winter was. Adele:

Ek het paperjets gehad as confetti (wat ek elk persoonlik gedruk en gevou het). Wessel se pa het ook spesiaal ‘n swart posbussie vir ons gemaak wat ons gebruik het vir die koeverte. Ek het dit swart geverf en versier met goue patrone en ons voorletters.

Ons het ook op elke tafel ‘n tafelnaam gehad i.p.v. ‘n tafelnommer. Elke naam het een of ander betekenis gehad vir my en Wessel, maar het nie noodwendig sin gemaak vir die mense aan die tafel nie. Daar was ‘n storie gekoppel aan elke naam, wat onder een stoel aan elke tafel vasgemak is en iets anders van die bruid en bruidegom ontmasker het. Dit het gedien as ‘n “conversation piece”.

Ons gaste het aan 4 rye lang tafels gesit, wat dit lekker gesellig gemaak het.”

adeleenwessel

Adele het self die blomme gekies en is tulpe is haar gunsteling blom. Sy het besluit op ‘n swart en room as kleurskema omdat dit baie dramaties en stylvol lyk. Die tulpe is spesiaal laat groei vir die troue om die perfekte kleur te kry wat Adele wou gehad het. Die tafel dekorasies was gestruktureerd gehou en die blomme is in langwerpige bakke gepak. Groot bosse roomkleurige rose in swart potte was gebruik vir die seremonie en in die saal.

adeleenwessel

Hulle raad aan mense wat verloof is en besig is om troue te reël:

Moenie te veel mense gelukkig probeer hou nie, op die ou end bly dit julle dag en julle moet dit geniet! Kies ‘n goeie rokmaker, gemaklike skoene en ‘n goeie fotograaf/videograaf. Op die ou end is die fotos/video al wat jy oorhou van die dag.”

adeleenwessel

adeleenwessel

Wessel het Adele verras met ‘n wittebrood in Dubruvnic in Kroasië. Adele sê,

dit was ‘n fantastiese keuse. Wat ‘n ongelooflike mooi land en perfekte bestemming vir ‘n honeymoon! Ons kamervenster was 4m van die skone blou Dalmation see (geen golwe, dit lyk soos ‘n dam) en daar was so baie om te sien en te ervaar. Vir “Foodies” was die kos nie fantasties nie.”

Wie gee nou in elkgeval oor kos om as jy mekaar het …..

adeleenwessel

Adele se “wedding vendors” en wat sy gedink het oor hulle diens:

  1. Trourok Adri Viljoen (0847707937) Ek dink ‘n trourok is een van die belangrikste goed wat MOET reg wees vir ‘n bruid om waarlik soos ‘n bruid te voel, en Adri weet verseker wat sy doen. Net 1 pas sessie en daai rok pas jou lyf soos ‘n handskoen. Sy is so passivol oor trourokke dat sy bereid is om die ekstra myl te loop!
  2. Skoene – Ek wou plat skoene gehad het (goed vir gemak en ‘n kort man – ek is 1.78m en Wessel ook maar net!) en het op die ou end in Johnnesburg by Stuttafords ‘n pragtige paar satyn ‘Faith’ pumps gekry wat perfek gepas het.
  3. Bruidegom klere, skoene, das ens. – Wessel en sy best man het hulle pakke, onderbaadjies, hemde, dasse en cufflinks by EuroSuit in Johannesburg gehuur.
  4. Bridesmaid rokkeAdri het op die ou end ook ingespring en binne ‘n week ‘n rok vir my bridesmaid gemaak, nadat haar eerste rok ‘n mislukking was!
  5. Hare – Madelein van Scissors het dit gedoen, maar sy het intussen geemigreer
  6. Haar bykomstighede - Adri Viljoen het ‘n pragtige perel string gemaak wat ek in my hare gedra het. Madelein het ook vir my hair extensions ingesit om ‘n lekker bolla langs my kop moontlik te maak (my hare was eintlik skouer lengte). Minnette, my sussie en strooimeisie het ‘n swart haarstuk van HipHop gedra.
  7. Grimeering – Marle (083 562 8958) het my grimering fantasties gedoen.
  8. Naels – Exclusive Image (051 4471339). Lizelle van Exclusive Image het my ook gehelp voor die troue om my vel in ‘n goeie kondisie te kry met al die stres en winter droogheid.
  9. Wedding planner – Adri de Vos (082 4661848) van The Wedding Connection het my gehelp om die hele dag bymekaar te laat kom en het hard gewerk om te sorg dat alles glad verloop! Dit help inderdaad baie om die taak minder stresvol te maak vir ‘n bruid!
  10. Tafel dekorasies – Ons het by verskeie plekke ‘n paar items gehuur, maar 101 on Nelson Mandela het alles gedek en die blomme en dekorasies gereel en rangskik. ‘n vriend, Hendrik het my gehelp met ‘n paar goeie idees, maar 101 on Nelson Mandela het dit vir my uitgevoer presies soos ek dit wou gehad het.
  11. Trou skryfbehoeftes - Aangesien ek self ‘n ontwerper is het ek al die skryfbehoeftes self ontwerp. My uitnodigingskaartjies is deur Oranje drukkers gedruk (058 4812105) en die res (tafelname, sitplekname, sitplek aanwysings, spyskaarte, dankie kaartjies het ek self gedruk en gemaak.
  12. Geskenk aan gaste – ek het lank en ver gesoek om vir elke dame ‘n pashmina serpie te gee. Party was swart en party was roomkleurig. Ek het dit op elke 2e stoel gesit met die dame se naam met ‘n lint omgebind. Dit het goed gewerk, veral omdat die troue in die middel van die winter was.
  13. Venue – Die Eeufeessaal op die Vrystaat se Universiteit se kampus. Die saal se atmosfeer het goed by my tema gepas, en ek was mal oor die houtvloere, dubbel volume dak en vleuelklavier. Ons het die voorportaal omskep in die ‘kerk’ en die tuin was my ‘aisle’
  14. Caterer – Colin van Oliewenhuis se restaurant. Die kos was baie lekker, en daar was meer as genoeg, nie dat ek eintlik kan onthou nie!
  15. Koek – The Cake Studio
  16. Fotograaf/ VideoHein du Plessis het ons fotos gedoen en ons was baie tevrede! Ek hoor ongelukkig dat hy nou nie meer troues afneem nie. Evert van Black Cherry Productions het ook ‘n fantastiese werk gedoen met ‘n baie professionele video. Evert@blackcherryproductions.co.za / 082 837 8233
  17. Ringe, verloof- en trouringe: Winston Oliver (0827775277) van Winston Jewellery het die diamant verskaf en albei ons ringe gemaak uit platinum. Hy is ‘n perfeksionis, en wie beter om sulke fyn detail te vervolmaak!
  18. Musiek – Arco Musica het die live musiek voor en gedurende die seremonie, sowel as die klavierspel tydens die onthaal en DJ’ing gedoen.
  19. Kar – ‘n Kennis van Wessel, Ferdie Smit van Ferdie Smit Motors was so gaaf om ons in sy 1976 Rolls Royce rond te ry.
  20. Bykomstighede
    1. Handskoene - Dit was ‘n ‘last minute touch’ wat Adri Viljoen vir my geleen het uit haar versamelstukke
    2. Birdcage Veil - Ek het net ‘n stukkie net gedra, wat ek en ‘n vriendin, Luzaan, sommer self saamgeflaans het die aand voor die tyd met ‘n paar beeldskone stukkies lap en kant.
    3. Ek het ook ‘n pels skouerserp gedra, wat my rok in ‘n winteruitrusting verander het. Ek het dit gevind by Attitude in Mimosa Mall.
    4. Juwele - Ek het ‘n paar perel en diamant oorbelle by my ma geleen, en ‘n string antieke perels, ook uit Adri Viljoen se versamelstukke.
    5. Ek het ook ‘n antieke borsspeld uitgesnuffel by die antieke winkel by Emily Hobhouse Square. Ons het dit deelgemaak van my rok.

One Trackback

Leave a comment

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Your email is never shared. Required fields are marked *